Kaalvoet Vrou Monument

Journey to Stardom
May 11, 2017
De Oude Huize Yard an Eco-friendly Establishment
November 8, 2017

Wanneer jy voor die monument staan besef jy dat die vrou klein van postuur is. Haar skouers is smal, byna asof sy koud kry in haar gegote gewaad. Sy is geklee in haar Voortrekkerkappie en lang rok. Onder haar rok steek haar fyn kaalvoete uit.

Haar regtervoet trap op ‘n klip. ‘n Mens verwag amper ‘n gebalde vuis of ‘n intimiderende gesig wat luidkeels uitroep, maar alles behalwe. Haar arms hang langs haar sye, verseker nie die lyftaal van ‘n veglustige aktivis nie. Sy het ‘n tipe kyk wat met jare se ondervinding kom. Liefdevol, wys, sag, geduldig en omdat die geskiedenis dit laat deurskemer, maar met ‘n goeie skoot vasberadenheid op.

Beeldhouer was Anton van Wouw

Die kaalvoet vrou is ‘n interessante hartseer storie van Susanna Catherina Smit. Susanna was die suster van Gert Maritz en die vrou van eerwaarde Erasmus Smit wat as die Voortrekkers se predikant opgetree het.

Die groep vroue was deel van Piet Retief se trek wat besluit het om die groen land van Natal as weivelde te kies. Volgens oorlewering het van die Voortrekker-vroue met ‘n Britse kommissaris in ‘n woordewisseling betrokke geraak. Hulle het met hom gestry omdat hulle nie onder Britse gesag wou staan nie en gesê dat vryheid vir hulle meer werd was as hulle lewens. Dit is toe dat Susanna Smit die bekende woorde uiter, “Liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder Britse beheer te staan.” Susanna is egter in die destydse Natal dood, wat beteken dat sy nooit kaalvoet terug oor die Drakensberge geloop het nie.

Save

Save